African Jewellery – Was jy al ooit na Zimbabwe en het jy dalk die wel bekende rivier legende Nyami-nyami gesien? Is jy opsoek na Nyami-nyami tooiseltjies of dalk n’ Nyami-nyami hangertjie?
Hierdie pragtige handgemaakte Nyami-nyami hangertjiesis hoogs gedetaileerd en word vervaardig in goud en sterling silwer. Beskikbaar in verskillende grotes, hulle maak vir uitstekende momentoes van jou besoek aan die Victoria Watervalle.
Beskermings simbool
Die Nyami-nyami is n’ Afrika simbool afkomstig vanaf Zimbabwe en Zambie, waardeur die magtige Zambesie rivier vloei. Hierdie wonderlike simbool van hoop hat menigte mense se lewens geraak terwyl dit die konsep van Ubuntu weerspieel in die wyse waarop Nyami-nyami van sy eie liggaam met ander deel in tye van nood. Baie mense in Suid-Afrika is baie lief vir hierdie ikoniese simbool vanuit Afrika.
Nyami-nyami is n’ slang-agtige gedierte wat op die Zambesie rivier geleef het, en wat baie geliefkoos word deur die plaaslike mense, omdat hy vleis vanaf sy eie lyf afgesny het toe die plaaslike bewoners nie genoeg kos gehad het nie.
Met die bou van die Kariba dam, word daar gese dat die Nyami-nyami van sy vrou afgesny was. Dit het hom woedend gemaak en daar word bespiegel dat hy verantwoordelik was vir al die katestrofes wat die bou van die Kariba dam geplaag het. Hy het op die ou einde verdwyn om nooit weer gesien te word nie, maar sy legende leef nog voort in die harte van menigte.
Nyami-nyami charm… Nyami-nyami tooiseltjie
Toeriste wat die area besoek word geboei deur hierdie wonderlike Afrika legende. En nou, nadat jy die wereld bekende bungee sprong vanaf die Victoria waterval brug af gedoen het, word jy n’ gekerfde hout Nyami-nyami simbool gegee om jou aan die oomblik te herinner.
Ons het Nyami-nyami in silwer vervaardig om dit n’ blydende gedagtenis van Afrika te maak. Nyami-nyami hangertjies en tooiseltjies is nie vrylik beskikbaar in silwer en goud nie, maar jy kan nou n’ Nyami-nyami tooiseltjie en hangertjie koop vanaf Suid-Afrika.
Die Afrika simbool vir Ubuntu kan net die Nyami-nyami wees. Hierdie slang gedierte het al die eienskappe wat Ubuntu definieer. Daar word gese dat Nyami-nyami vleis van sy eie liggaam afgesny het om aan die honger mense rondom hom te gee. Om van jouself te gee aan ander rondom jou is die hoeksteen van Ubuntu. Nyami-nyami kry beslis my stem as die beste simbool vir die konsep van Ubuntu.
Afrika simbole is dikwels moeilik vir westerse mense om te verstaan. Die subtiele btekenisse en die werklike gebruike van die simbool is intrikaat in geweef in Afrika gemeenskappe en kulture. Vanaf n’ Afrika perspektief, om n’ standbeeld te kerf net vir die kyk daarvan, is redelik vreemd, terwyl westerse mens na Afrika beeldhou werk kyk en dit kuns noem. Afrika maskers dien n’ doel. Die maskers help die eienaar of die stam, aan wie dit behoort, met die daaglikse lewe.
Die Nyami-nyami, in tye van nood, verteenwoordig hierdie nood. Die gemeenskap het n’ altruistiese simbool nodig. Nie om na te kyk nie, maar om mense te help om hulleself te help. Die Nyami-nyami vervul daai spesifieke doel. Nyami-nyami bied hoop aan diegene in nood en aanwysing aan diegene wat alles het. Die merkwaardige eienskap van Nyami-nyami, is die feit dat dit n’ slang is, en dus gevrees deur meeste Afrikane. Tog kry hy dit reg om hul liefde en respek te verkry. Miskien is dit nie per toeval nie. Wie vrees nie om te gee as daar so min is nie? Om hierdie vrese te oorwin, en om vrylik van een self te gee in tye van nood, is n’ moeilike konsep om te verstaan en nog meer moeiliker om te praktiseer. Nyami-nyami, wat n’ wonderlike simbool om Ubuntu mee te verteenwoordig in Afrika.

